Die einde van die Anglo-Boereoorlog
Teen die begin van 1902 het die Boeremagte gekrimp tot 10 000 Transvalers, 6 000 Vrystaters en 3 000 Kaapse rebelle. In Suidoos-Transvaal het 'n Zoeloemag 'n Boerelaer aangeval en 56 burgers doodgemaak. Die militere vooruitsigte vir die Boere het al hoe swakker geraak.
In Mei 1902 het 60 Boereleiers in Vereeniging vergader om oor vrede te besluit. Die Vrystaters was nog steeds gekant teen vrede, maar die swak gesondheid van Steyn het hul saak baie skade aangedoen. Die vredesvoorwaardes het ingesluit dat die Boere die Britse monarg erken as wettige heerser; Boere kon hul besittings, insluitend gewere vir verdediging, behou; en Nederlands sou in die skole van Transvaal en die Vrystaat as vak onderrig word mits die ouers dit verlang. Op 31 Mei het die vergadering met 54 stemme teen 6 besluit om hierdie voorwaardes te aanvaar.
Vrouens en kinders in 'n konsentrasiekamp.