Calvinia Vleisfees
Net anderkant Vanrhynsdorp lê Calvinia. Hierdie gemeenskap in die middel van die Hantam bied elke jaar vir heinde en vêrre 'n smaakie van die lekkerste vleis wat jy al geproe het. Van Kaapstad af is dit so 4.5 ure se ry om die hele naweek jouself te geniet met kos en drinkgoed.
Die fees vind plaas op die laaste naweek in Augustus net betyds om jaarliks die Namakwalandse duisies te groet. Die gemeenskap snoer saam om 'n onvergeetlike ervaring te bied aan elke besoeker wat die pad aandurf na die skaapwêreld.
Die fees hardloop al vir 25 jaar en groei van krag tot krag.
Wat jy kan verwag
- Vleis en nogmaals vleis!
- Boeremusiek in die aande (danse).
- Musiek in die arena
- 'n Plattelandse dorp met baie interessanthede
Webwerf: http://www.hantamvleisfees.co.za/