Krygsgevangenis tydens die Anglo-Boereoorlog
Die eerste noemenswaardige groep Boerekrygsgevangenes wat deur die Engelse gevange geneem is, was dié wat tydens die Slag van Elandslaagte op Oktober 21 1899 gevang is. Aanvanklik is die meeste op skepe gesit, maar soos getalle gegroei het, het Brittanje besluit om hulle nie plaaslik gevange te hou nie. Die gevangeneming van 400 krygsgevangenes in Februarie 1900 was 'n belangrike gebeurtenis: Brittanje het besef dat hulle nie alle krygsgevangenes in Suid-Afrika kon akkommodeer nie. Die Engelse het gevrees dat hulle deur simpatieke plaaslike inwoners bevry kon word. Hulle het dit reeds moeilik gevind om aan hulle eie troepe se behoeftes te voorsien, en wou nie die ekstra las dra deur addisionele voorrade vir die krygsgevangenes te stuur nie. Brittanje het dus besluit om hulle oorsee te stuur.
Die eerste oorsese kampe anders as in Afrika, is geopen op Sint Helena, wat uiteindelik byna 5000 krygsgevangenes ontvang het. Ongeveer 5000 krygsgevangenes is na Ceylon gestuur. Ander is na Bermudaen Indië gestuur. Geen bewyse bestaan dat Boere-krygsgevangenes na die Gemenebes van die Britse Ryk soos Australië, Kanada of Nieu-Seeland gestuur is nie.
’n Oorplasingskamp vir Krygsgevangenesin Groenpunt, Kaapstad, tydens die oorlog.
Die gevangenes is hiervandaan oorgeplaas na interneringskampe in ander
dele van die Verenigde Koninkryk.